TuisBTC / ZAR • Kriptogeldeenheid
add
Bitcoin (BTC / ZAR)
Vorige sluiting
1 806 951,55
In die nuus
Meer oor Bitcoin
Bitcoin verwys na 'n elektroniese geldeenheid, asook na die oopbronsagteware wat ontwerp en geskryf is om dit te kan munt en gebruik. Dit is van die eerste implementerings van kriptogeld, wat in 1998 beskryf is deur Wei Dai op die cypherpunks elektroniese poslys. Satoshi Nakamoto het dit in 2009 geïmplementeer. Bitcoin is die eerste aanwending van 'n blokketting. Eienaars van Bitcoin kan van verskeie webwerwe gebruik maak om Bitcoin vir nasionale geldeenhede soos Suid-Afrikaanse rand, Amerikaanse dollar, of euro te verruil, en kan dit as betaalmiddel vir goedere en dienste by 'n aantal verskaffers gebruik.
Bitcoin is 'n gedesentraliseerde digitale geldeenheid, sonder beheer deur 'n sentrale bank of enkele administrateur, wat van gebruiker tot gebruiker in die eweknie-bitcoin-netwerk gestuur kan word sonder dat tussengangers nodig is. Transaksies word deur kriptografiese metodes deur netwerknodusse geverifieer en opgeneem in 'n grootboek wat 'n blokketting genoem word. Bitcoins word geskep as 'n beloning vir 'n proses wat "mynbou" genoem word. Dit kan verruil word vir ander geldeenhede, produkte en dienste. WikipediaMeer oor Suid-Afrikaanse rand
Die Suid-Afrikaanse rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme. Dit is ook 'n amptelike geldeenheid van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied wat Suid-Afrika se buurlande Eswatini, Lesotho en Namibië insluit. Dié lidlande se geldeenhede word gelykstaande gehou aan die Suid-Afrikaanse rand. Daarbenewens is die rand 'n nieamptelike geldeenheid van Angola, Zambië en Zimbabwe. Die rand is voorheen ook in Botswana, Suidwes-Afrika asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.
'n Rand word verdeel in 100 sente
Die rand is beskikbaar in sewe muntstukke en 5 note. Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
Die ISO-geldeenheidkode is ZAR, en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
Wisselkoers: 1 VS$ = 15,86 ZAR, 1 euro = 16,69 ZAR, 1 pond sterling = 19,53 ZAR. Wikipedia