TuisGBP / ZAR • Geldeenheid
add
GBP / ZAR
Vorige sluiting
23,33
Marknuus
Meer oor Britse pond
Die pond sterling is die geldeenheid van die Verenigde Koninkryk en die afhanklike gebiede Falkland-eilande, Gibraltar, Guernsey, die Eiland Man, Jersey, Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha en Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande. Die amptelike ISO-kode is GBP en die valutateken is £.
Die Britse pond is die oudste geldeenheid ter wêreld wat steeds in omloop is, asook die vierde belangrikste geldeenheid wat op internasionale markte verhandel word en die derde belangrikste globale reserwe-geldeenheid. Sy waarde is die hoogste van alle belangrike geldeenhede, met 'n wisselkoers van meer as 19 ZAR in Julie 2015. WikipediaMeer oor Suid-Afrikaanse rand
Die Suid-Afrikaanse rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme. Dit is ook 'n amptelike geldeenheid van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied wat Suid-Afrika se buurlande Eswatini, Lesotho en Namibië insluit. Dié lidlande se geldeenhede word gelykstaande gehou aan die Suid-Afrikaanse rand. Daarbenewens is die rand 'n nieamptelike geldeenheid van Angola, Zambië en Zimbabwe. Die rand is voorheen ook in Botswana, Suidwes-Afrika asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.
'n Rand word verdeel in 100 sente
Die rand is beskikbaar in sewe muntstukke en 5 note. Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
Die ISO-geldeenheidkode is ZAR, en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
Wisselkoers: 1 VS$ = 15,86 ZAR, 1 euro = 16,69 ZAR, 1 pond sterling = 19,53 ZAR. Wikipedia