TuisRUB / ZAR • Geldeenheid
add
RUB / ZAR
Vorige sluiting
0,19
Marknuus
Meer oor Russiese roebel
Die Russiese roebel is die geldeenheid van Rusland, asook die vier gedeeltelik-erkende republieke van Abchasië, Suid-Ossetië, Donetsk en Loehansk. Die roebel was die geldeenheid van die Russiese Ryk en die Sowjetunie voor sy ontbinding. Belarus en Transnistrië gebruik geldeenhede met dieselfde naam.
Die roebel is onderverdeel in 100 kopeks. Die Russiese roebel is die wêreld se eerste desimale geldeenheid. Dit is gedesimaliseer in 1704 toe die roebel wetlik gelyk aan 100 kopeks gestel is. WikipediaMeer oor Suid-Afrikaanse rand
Die Suid-Afrikaanse rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrand, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme. Dit is ook 'n amptelike geldeenheid van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied wat Suid-Afrika se buurlande Eswatini, Lesotho en Namibië insluit. Dié lidlande se geldeenhede word gelykstaande gehou aan die Suid-Afrikaanse rand. Daarbenewens is die rand 'n nieamptelike geldeenheid van Angola, Zambië en Zimbabwe. Die rand is voorheen ook in Botswana, Suidwes-Afrika asook die bantoestans van Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda gebruik.
'n Rand word verdeel in 100 sente
Die rand is beskikbaar in sewe muntstukke en 5 note. Daar word vanaf April 2002 nie meer een- en tweesentstukke gemunt nie.
Die ISO-geldeenheidkode is ZAR, en die algemene notasie is die voorvoegsel R.
Wisselkoers: 1 VS$ = 15,86 ZAR, 1 euro = 16,69 ZAR, 1 pond sterling = 19,53 ZAR. Wikipedia